Duisende beurse is beskikbaar vir studente wat nie vir Nsfas kwalifiseer nie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 13
- 1 min read
Die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding het uitgebreide befondsingsondersteuning vir studente deur die Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerhede (Seta) aangekondig.
Meer as 15 000 Seta-beurse is beskikbaar gestel vir diegene wat nie kwalifiseer vir die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (Nsfas) nie. Hierdie beurse ondersteun studies aan universiteite en Tvet-kolleges, en dek klasgeld, leermateriaal en ander studieverwante kostes.
Die woordvoerder van die ministerie, Matshepo Seedat, sê dit is veral vir diegene in die ontbrekende middel en in skaars vaardigheidsgebiede wat krities is vir ekonomiese groei.
LUISTER:






Comments