NSFAS kry 'n nuwe voorsitter
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 11
- 1 min read
Die minister van hoër onderwys en opleiding, Buti Manamela, het Mugwena Maluleke as die waarnemende voorsitter vir die raad van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) aangestel.
Dit kom nadat Karen Stander as voorsitter weens ʼn “toksiese werksomgewing gekenmerk deur rassisme, afknouery en intimidasie" bedank het.
Stander het in haar bedankingsbrief aan Manamela onder meer gesê dat sy nie meer haar pligte “effektief en met goeie gewete” kon nakom nie as gevolg van die verslegtende toestande in die raad.
Maroela Media berig Manamela sê die aanstelling is daarop gemik om stabiliteit te bring, terwyl hy by die hof aansoek doen om die raad se aanstellingsproses regtens te bevestig.
Volgens die departement bring Maluleke jarelange ervaring in onderwys- en arbeidsake “ʼn sterk bestuursvernuf en gevestigde integriteit” na die NSFAS-tafel.



Comments