top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Duisende hersienings van skoolbeleide is steeds uitstaande

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
2 days ago
1 min read

Die departement van Basiese Onderwys sê duisende skole se hersienings van taal- en toelatingsbeleide is steeds uitstaande.


Die Portefeuljekomitee oor Basiese Onderwys het nou ’n volledige lys aangevra van die skole waavan die hersienings uitstaande is.


Die departement het tydens ’n inligtingsessie oor die implementering van die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette bevestig dat 11 715 hersienings van toelatingsbeleide en 11 657 hersienings van taalbeleide steeds uitstaande is.


Die portefeuljekomitee se voorsitter, Joy Maimela, sê hulle wil vasstel wat skole verhoed om die hersienings te voltooi en watter ondersteuning hulle nodig het.


LUISTER HIER:


Joy Maimela

Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page