top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Dwelms is by ‘n Bloemfonteinse skool gevind

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 10
1 min read

Dwelms is tydens ’n soek- en beslagleggingsoperasie by ’n hoërskool in Navalsig in Bloemfontein gevind.


Volgens SABC News het die Departement van Onderwys en die Suid-Afrikaanse Polisiediens die operasie uitgevoer om wapens en onwettige middels by die skool op te spoor.


Die dwelms is in een van die klaskamers gevind, terwyl ’n leerder ook meer as R1 500 in sy besit gehad het.


Hy het glo gesê die geld is die opbrengs uit die verkoop van lekkers.


Onderwys-LUR Mamikie Maboya sê die doel van die operasies is om skole veilig en dwelmvry te hou en ook leerders te beskerm wat nie by dwelms betrokke is nie.


Die operasie sal na verwagting tot Vrydag by ander hoërskole in Bloemfontein voortgaan.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 

 
 
 

Comments


bottom of page