El Niño kan temperatuurrekords laat spat

Danksy El Niño kan Suider-Afrika hierdie somer buitengewone hoë temperature, langdurige hittegolwe en moontlike droogtetoestande verwag.
Volgens die direkteur van die Universiteit van die Witwatersrand se Global Change Institute, Francois Engelbrecht, het die El Niño-weerverskynsel sedert Oktober ’n super-El Niño-status bereik. Hy beskryf dit as die sterkste El Niño wat nog waargeneem is sedert sistematiese waarnemings in 1850 begin het.
Netwerk24 berig die verskynsel sal na verwagting gedurende Desember en Januarie ’n hoogtepunt bereik. Engelbrecht sê El Niño is geneig om gedurende die somermaande verder te versterk voordat dit begin afneem, en dit sal min of meer vanaf Februarie verswak.
Die warmste somer wat tot dusver in Suider-Afrika aangeteken is, was dié van 2015-’16, toe die streek ook ’n super-El Niño beleef het. Engelbrecht sê sedertien het ons nog 10 jaar van aardverhitting gehad, en dus kan werwag word dat hierdie El Niño daarmee saam weer temperatuurrekords oor die wêreld heen kan laat spat.










Comments