El Niño plaas druk op wêreldwye suikervoorsiening

6 days ago
1 min read
Wêreldwye suikerpryse het sedert die begin van die jaar met byna 25 % gestyg, aangevuur deur weerstoestande wat met El Niño verband hou, toenemende etanolproduksie en uitvoerbeperkings.
’n Verslag waarsku dat die wêreldwye suikeraanbod in die 2026-'27-seisoen na verwagting nie aan die aanvraag sal voldoen nie.
Daar word verwag dat groot produsente, waaronder Brasilië, Indië en Thailand, laer produksiesyfers sal aanteken.
Suid-Afrika, wat jaarliks ongeveer twee-miljoen ton produseer, kan ook hoër kommoditeitspryse en groter markonsekerheid in die gesig staar.










Comments