Epstein-slagoffers dagvaar die Amerikaanse regering en Google
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 27
- 1 min read
Slagoffers van die veroordeelde seksoortreder Jeffrey Epstein dagvaar die Amerikaanse regering en Google nadat hul name per ongeluk onthul is.
Netwerk24 berig die departement van justisie het in Januarie meer as 3 miljoen lêers bekend gemaak wat verband hou met die ondersoek na Epstein, maar die name van slagoffers, wat veronderstel was om weggelaat te word, is nie verwyder nie.
Die klaers sê ongeveer 100 slagoffers se name is onthul en hul private inligting gepubliseer. Selfs nadat die regering erken het die bekendmaking het die regte van die oorlewendes geskend en die inligting teruggetrek het, word dit weer en weer deur aanlyn platforms soos Google gepubliseer, wat weier om op die slagoffers se pleidooie te reageer om dit te verwyder.
Die hofgeding lui dat Google voortgaan om slagoffers se persoonlike inligting in soekresultate, en inhoud wat deur kunsmatige intelligensie gegenereer is, te vertoon. Die eisers sê vreemdelinge bel hulle, stuur e-posse, bedreig hul veiligheid en beskuldig hulle van sameswering met Epstein.








Comments