Eskom laat vaar boete-dreigemente vir sonkragstelsels

Eskom het sy sperdatum vir die registrasie van sonkragstelsels op dakke verleng, sy dreigemente van boetes en kragafsluiting weens nie-registrasie laat vaar, en die vereiste vir duur professionele goedkeuring geskrap.
Die nutsmaatskappy sê egter hy kan steeds die kragtoevoer na enige sonkrag- of battery-installasie afsny wat volgens hom onveilig is.
Business Tech berig die organisasie teen belastingmisbruik (Outa) sê dié bewering sal nie regtens standhou nie. Outa sê Eskom het geen wettige reg om die elektrisiteitstoevoer af te sny van 'n klant wat oor ’n geldige veiligheidsertifikaat beskik, bloot omdat Eskom van mening is dat die installasie onveilig is nie.
Voordat Eskom wettiglik kan optree, sal hy eers moet bewys dat die sertifikaat self ongeldig is of onregmatig uitgereik is.
Die sluitingsdatum vir registrasie van residensiële laespanning-sonkrag-PV- en battery-energiebergingstelsels is 30 September.








Comments