Eskom se raadshoof se termyn is verleng

4 days ago
1 min read
Verslaggewers van drie Amerikaanse mediahuise is terug in die Withuis ná 'n federale hof die Trump-regering gelas het om sy verbod op CNN, Politico en MS Now op te hef.
SABC-nuus berig die president, Donald Trump het die media-instansies die Withuis verbied weens wat Trump as hulle vals beriggewing bestempel het. In weerwil van die hofbevel is die verslaggewers aanvanklik toegang geweier.
Dit het daartoe gelei dat geen Amerikaanse televisienetwerk regstreekse beeldmateriaal uitgesaai het van Trump se verwelkoming van die Chinese president, Xi Jinping nie.
Die mediahuise voer aan dat die Withuis se verbod hulle regte skend ingevolge die eerste en vyfde wysigings van die land se grondwet.








Comments