top of page

FIETSRY: Pogacar word nuwe geeltrui draer in 2025 Tour de France

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 10
  • 1 min read

Die Sloweense superster-fietsryer Tadej Pogacar is die nuwe draer van die geeltrui in vanjaar se Tour de France  wedren. Pogacar kon nie gister se eerste tydtoets wen nie maar geniet nog steeds ‘n algehele voorsprong van 42 sekondes oor Remco Evenepoel van België terwyl Frankryk se Kèvin Vauquelin die derde plek beklee. Pogacar wat ‘n driemalige algehele wenner van die Tour  is, is behalwe die draer van die geel trui ook die voorloper van Bobaas van die Berge. Die sesde skof word Donderdag oor 201,5 km tussen Bayeux en Vire Normandie beslis.

 
 
 

Comments


bottom of page