FORMULE EEN: Kalender word aangepas om koolstof voetspoor in 2026 te verklein
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Nov 20, 2024
- 1 min read
Formule Een het hulle kalender aangepas om hulle koolstof voetspoor te verklein. Die Kanadese Grand Prix sal van die 2026 seisoen van Junie na Mei skuif. Dit is die vroegste wat ‘n Grand Prix in Montreal aangebied sal word en in Mei sal temperature aansienlik kouer wees in vergelyking met Junie wat nuwe struikelblokke sal veroorsaak by diè resies. Luidens ‘n verklaring van Formule Een sal die skuif ‘n bykomende trans-Atlantiese reis verhoed.






Comments