FORMULE EEN: Newey sluit by Aston Martin aan
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 11, 2024
- 1 min read
Die Formule Een-renmotorontwerper Adrian Newey sal hom by die Aston Martin-span aansluit na die afloop van die seisoen. Newey het in 2006 sy gewig by Red Bull ingegooi en het ‘n groot rol gespeel in die span se ses vervaardigers- en sewe renjaers-kampioenskappe tussen 2010 en 2023. Die 68-jarige Newey het ‘n langtermyn kontrak met Aston Martin geteken en sal ’n ook ‘n aandeelhouer wees van die wit, swart en donkergroen span.






Comments