top of page

FORMULE EEN: Vlieënde Verstappen wen sy vierde titel in Imola

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 19, 2025
  • 1 min read

Die Vlieënde Nederlander Max Verstappen het gewys dat daar steeds baie petrol in die tenk is vir span Red Bull toe hy die Emilia Romagna Grand Prix in Imola vir ’n vierde agtereenvolgende jaar gewen het. Verstappen wat in die tweede wegspring-posisie was het die McLaren renjaer Oscar Piastri reeds in die eerste draai verbygesteek en enduit voor gejaag. Piastri het die derde plek behaal terwyl sy spanmaat Lando Norris die tweede plek kon inneem. Ferrari se Lewis Hamilton was vierde gevolg deur Alex Albon van Williams en die ander Ferrari renjaer Charles LeClerc in die sesde plek. Die volgende wedren is die Monaco Grand Prix wat eerskomende Sondag gejaag sal word.

 
 
 

Comments


bottom of page