Frankryk se oud-president moet tronk toe
- Ilde Roos

- Sep 26
- 1 min read
Voormalige Franse president Nicolas Sarkozy is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis nadat hy aan kriminele sameswering skuldig bevind is.
Nova News berig hy was betrokke by ‘n skema wat onwettige veldtogfinansiering vanaf die voormalige Libiese diktator Moamar Kadhafi vir sy suksesvolle presidensiële bod in 2007 behels het.
Die 70-jarige sal die eerste leier na die oorlog leier wees om tronkstraf uit te dien.
Die hof het beveel dat Sarkozy onder arres geplaas word. Hy sal op 13 Oktober ingelig word wanneer hy by die gevangenis moet aanmeld.
Sarkozy het die vonnis geappeleer. Hy sal sy vonnis uitdien terwyl hy op die uitslag van sy appèl wag.






Comments