top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Franse skole is gesluit te midde van skoliere-protesoptrede

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
1 day ago
1 min read

Meer as 400 skole in Frankryk is Vrydag gesluit met klasse wat aanlyn aangebied sal word, terwyl wydverspreide protesoptrede deur skoliere na verwagting sal voortduur.


Daar was Donderdag meer as 2 000 inhegtenisnemings nadat skoliere talle skole se ingange versper het. Minstens twee skole is in Nantes en LeHavre aan die brand gesteek, sowel as 'n brandweervoertuig in Marseilles.


SABC-nuus berig die leerlinge is ontevrede oor oorvol klaskamers, 'n tekort aan onderwysers en vervalle skoolgeboue.


Die Minister van Onderwys, Edouard Geffray het Donderdagaand aangedui dat hy Vrydag met studenteverenigings, ouerorganisasies en onderwysvakbonde sal vergader.


Protesaksie buite 'n Franse skool. FOTO: BBC
Protesaksie buite 'n Franse skool. FOTO: BBC

 
 
 

Comments


bottom of page