Freek Robinson lê die tuig neer
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 25
- 1 min read
"Dit is tyd."
So sê die veteraanjoernalis Freek Robinson in die verklaring waarin hy sy finale uittrede uit die aktiewe joernalisiek aankondig. Netwerk24 berig die 73-jarige Robinson se aftrede is vroeër as wat hy beplan het, maar onlangse rampspoedige gebeure het ’n nuwe perspektief gebring wat hom laat besluit het om halt te roep.
In ’n verklaring sê die familie Robinson en sy gesin se huidige leefsituasie en “nomadiese bestaan” weens hul huis wat op 4 November deels in ’n brand in Greenside, Johannesburg, verwoes is en onbewoonbaar is, stel “enorme eise” aan die gesin. Robinson en sy vrou, Liza de Villiers, en hul twee seuns het volgens die familie nie tans permanente verblyf nie.
Hulle bevestig ook Parkinson se siekte is etlike jare gelede by hom gediagnoseer, alhoewel hy in die verklaring sê dit gaan goed met hom.




Comments