top of page

'n Bekende joernalis se huis brand gedeeltelik af

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 6
  • 1 min read

Die veteraanjoernalis en nuusleser Freek Robinson en sy vrou, Liza de Villiers, is uit hul slaap geruk toe ʼn brand ’n gedeelte van hul huis in Greenside in Johannesburg in puin gelê het.


Maroela Media berig die egpaar se seun, Daniel, het hulle wakker gemaak nadat hy twee harde geluide gehoor en vlamme in die huis opgemerk het.


Die gesin is fisiek ongedeerd, maar groot dele van die huis is heeltemal verwoes, insluitend die voorkant van die woning waar die kombuis, sitkamer, eetkamer en De Villiers se studeerkamer geleë was.


Die brand het glo in die kombuis se dak begin, moontlik weens ʼn elektriese kortsluiting.


Volgens De Villiers is die brand teen 02:00 geblus.


Die gesin wag tans op die versekerings-assessors om die skade te bepaal. Daarna sal hulle besluit of hulle die huis gaan herbou of elders woon.


FOTO: Maroela Media
FOTO: Maroela Media

Comments


bottom of page