Gana stuit Ramaphosa se afsetkomitee-aansoek
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 23
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa se dringende aansoek om die parlementêre afsettingskomitee se werk te stuit word teengestaan. Die voorsitter van die parlementêre afsettingskomitee oor die artikel 89-ondersoek, Makashule Gana, het ’n beëdigde verklaring tot dien effekte ingedien.
Maroela Media berig die saak sal op 15 en 16 Julie in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangehoor word. Die parlement se kommunikasiedienste het in ’n kort verklaring gesê die komitee sal voortgaan met sy werk, ondanks Ramaphosa se hofproses.
Rosestad-nuus het vroeër berig Ramaphosa het die hof genader om die afsettingskomitee te verbied om met sy werk voort te gaan, hangende die afhandeling van sy hersieningsaansoek oor die onafhanklike paneel se verslag oor die Phala Phala-saak.








Comments