Geen misdaad word vermoed in ‘n Bloemfonteinse sakevrou se dood nie

Geen misdaad word vermoed nadat die liggaam van die 33-jarige Bloemfonteinse sakevrou, Anica van der Watt, in haar huis in Langenhovenpark aangetref is nie.
Netwerk24 berig volgens polisiewoordvoerder, lt.kol. Thabo Covane, is ’n geregtelike ondersoek ingestel en sal ’n nadoodse ondersoek na verwagting Vrydag gedoen word.
Van der Watt was ’n direkteur van ’n vervoermaatskappy en het ook in die dieselbedryf gewerk.
Haar ma, Mariana, sê die familie tref tans reëlings vir haar begrafnis, wat na verwagting Maandag gehou word.
’n Vriendin van Bothaville, Erna Joubert, beskryf Van der Watt as iemand met borrelende energie, liefde en deernis.
Volgens Joubert het sy en haar ma ’n besonderse ma-en-dogter-band gehad en was perde een van haar groot passies. Van der Watt laat ook ’n jong seun agter.








Comments