Geen nuwe sardientjievrektes is aangeteken nie

Sep 14
1 min read
Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing sê hy het geen nuwe berigte van sardientjievrektes aan die Weskus ontvang nie.
Duisende sardientjies het in Julie vanjaar in die gebied uitgespoel. Die departement sê toetse het die teenwoordigheid van die sardientjie-herpesvirus in die vis bevestig.
Vis het verlede maand ook op strande in die Oos-Kaap uitgespoel. Die departement sê hy monitor steeds die situasie.








Comments