top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Gemeenskapslede in Bothaville betoog

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 19, 2025
  • 1 min read

Die polisie in die Vrystaat het twee dossiere van openbare geweld geopen nadat ‘n groep betogers in Bothaville paaie met klippe versper het. Volgens ’n polisieverklaring het ontevrede gemeenskapslede Woensdag in Khotsong, ’n township in Bothaville, bymekaargekom om ‘n optog na die Nala-munisipaliteit se kantore te hou. Hulle wil ‘n memorandum oorhandig nadat ’n vergadering wat vir die vorige week Vrydag beplan was, gekanselleer is. Skole in Khotsong was Woensdag weens die betoging ontwrig en was gesluit. Die Nala-munisipaliteit se kantore in Bothaville was ook gesluit, terwyl die polisie die situasie gemonitor het.  

 
 
 

Comments


bottom of page