top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Voormalige VS burgemeester bewoon steeds haar staatswoning

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 60 minutes ago
  • 1 min read

Die voormalige burgemeester van die Tswelopele-munisipaliteit in die Vrystaat woon steeds in haar staatswoning in Hoopstad. Dit ten spyte van die feit dat sy reeds uit haar amp verwyder is.


Netwerk24 berig die LUR vir openbare werke en infrastruktuur in die Vrystaat, Dibolelo Mance, het bevestig Kenalemang Phukuntsi woon steeds in die huis. Mance het egter gesê Phukuntsi bewoon nie die eiendom op grond van haar pos as burgemeester nie. Sy sê die departement is besig met ’n proses om die situasie te regulariseer.


Die DA se woordvoerder oor openbare werke en infrastruktuur in die provinsiale wetgewer, Dulandi Leech, sê dat Mance nie ’n duidelike verduideliking kon gee oor die gesag waarvolgens sy steeds daar woon nie.


Navrae is aan die woordvoerder van die departement, Mlungisi Maqubela, gerig.


Kenalemang Phukuntsi. FOTO: Facebook
Kenalemang Phukuntsi. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page