Gemeenskapslede span saam om ‘n Husky in Pellissier te vind

Deur Ilde Roos
'n Husky genaamd Nooi het Sondag 'n Bloemfonteinse buurt in rep en roer gehad nadat sy spoorloos verdwyn het.
Net ná 18:00 het 'n inwoner van Pellissier op 'n WhatsApp-groep van dié buurt laat weet daar is drie honde wat naby hul huis in die straat rondloop. 'n Ander lid het laat weet dat as die honde gevang kan word, hulle in sy erf veilig gehou kan word.
Intussen het nog 'n inwoner laat weet sy sal ook kom help nadat die honde in die nabygeleë veld in gehardloop het.
Twee van die honde is gekry.
Teen 20:00 het 'n hele groep gemeenskapslede saamgespan om te help soek. Teen 21:00 het Afriforum ook kom help met 'n hommeltuig met infrarooi lense oor die veld.
Om 02:00 Maandagoggend het Nooi se eienaar, Flip van Rensburg, op die groep laat weet dat Nooi steeds weg is.
Net ná ses-uur het 'n gemeenskapslid uiteindelik 'n foto gestuur van Nooi, waar sy buite hul erf lê.
Van Rensburg sê aan Rosestad-nuus Nooi is veilig en ongedeerd.
LUISTER HIER:










Comments