top of page

GEMENGDE GEVEGSKUNS: Khamzat Chimaev 'stoei' Dricus du Plessis om as die nuwe UFC middelgewigkampioen te word

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 18, 2025
  • 1 min read

Khamzat Chimaev is as die nuwe UFC middelgewig-kampioen gekroon nadat hy Dricus du Plessis takties uitoorlê het oor vyf rondes in die United Center in Chicago, Illinois. Daar was verwag dat Chimaev vinnig uit die blokke sou wees en dan in die later rondes Du Plessis se krag sal tap maar die gebore Rus het "Stillknocks"  bly toevou soos ’n kombers waaruit die Suid-Afrikaner nie kon loswikkel nie en vir die res van die tyd het dit soos ’n WWE stoeigeveg gelyk. "Borz"  het met ’n totaal van 529 trefhoue Du Plessis oorskadu wat self slegs 45 kon inkry. Dricus het na afloop van die geveg gesê hy sal sterker terugkom en beslis sy gordel gaan terugkry.

 
 
 

Comments


bottom of page