GEMENGDE GEVEGSKUNS: 'Stillknocks' sê hy sal terug veg ondanks sy nederlaag in UFC 319
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 26, 2025
- 1 min read
Die voormalige UFC middelgewigkampioen Dricus du Plessis het op sosiale media gesê hy sal terugveg om weer die boonste plek in dié sport te bereik ondanks sy nederlaag teen Khamzat Chimaev in UFC 319. "Stillknocks" het na sy stoeigeveg teen die gebore Russiese vegter tyd by famile en vriende in Amerika deurgebring wat langs hom sal bly staan ondanks wen of verloor. Alhoewel hy deur ’n beter vegter geklop is het hy sy teenstander krediet gegee vir die oorwinning en het ook sy ondersteuners en borge bedank sowel diegene wat teen hom uitgevaar het op sosiale media. Du Plessis het bygevoeg dat hy dié guns sal terugbetaal soos wat hy nog altyd doen en as Christen glo hy dat die Here reeds ’n plan vir hom uiteengesit het om weer die “Beste-van-die-Beste” te wees.






Comments