GenZ-sleng word by Bybelvertalings gevoeg
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 10 hours ago
- 1 min read
In ‘n poging om met nuwe kerkgangers te skakel, het ‘n Bybelvertaaldiens Gen Z-sleng by sy woordeskat gevoeg.
Breeze Translate bied regstreekse vertalings in dienste vir kerke, wat beteken dat kennisgewings, preke en gebede dadelik verstaan kan word, ongeag iemand se moedertaal.
Die Gen Z-spreekopsie dek nou gewilde sleng soos “rizz”, wat charisma beteken, “opps”, wat vyande beteken, en “aura”, wat ‘n persoon se teenwoordigheid, houding of algehele aantrekkingskrag beteken.
Produkontwikkelaar Mike Ashelby het aan Premier Christian News gesê hy hoop jong kerkgangers sal daarby aanklank vind. Hy sê natuurlik verstaan lede van Generasie Z Engels, maar hulle is tweetalig en dit is die manier waarop hulle met hul vriende praat.
LUISTER HIER:








Comments