top of page

GHOLF: Cameron Young wen uiteindelik sy eerste PGA-Toernooi terwyl Miyu Yamashita die Britse Ope titel vir vroue inpalm

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 5, 2025
  • 1 min read

Die Amerikaner Cameron Young het sy eerste PGA-toernooi gewen toe hy die Wyndham-kampioenskap in Greensboro, Noord-Carolina met ses houe gewen het. Dit was uiteindelik skeepsreg vir Young wat reeds sewe keer vantevore met ’n tweede plek tevrede moes wees. Young het tellings van 63, 62 en 65 gespeel en die laaste rondte afgesluit met 68 vir ’n groottotaal van 22 minder as baansyfer. Sy toernooi-telling van 258  ewenaar ook die rekords van J.T. Poston in 2018 en Henrik Stenson in 2017 en hom nou laat opskuif na die 15de plek op die Amerikaanse Ryderbeker puntelys. *Die 24-jarige Miyu Yamashita van Japan het ook haar eerste major  gewen toe sy die Britse Ope titel met twee houe opgeraap het op Royal Porthcawl in Wallis.

 
 
 

Comments


bottom of page