GHOLF: Drie swaargewigte gaan eerste twee dae van Amerikaanse PGA saamspeel
- Armando Pieters

- May 15
- 1 min read
Die organiseerders van die Amerikaanse PGA-toernooi het besluit om ondersteuners te bederf by vanjaar se toernooi deur die verdedigende kampioen, die Meesterskampioen en die wêreld se nommer een vir die eerste twee dae saam te laat speel op Quail Hollow in Charlotte, Noord-Karolina. Xander Schauffele, Rory McIlroy en Scottie Scheffler sal Donderdagmiddag hul aanslag op die Wanamaker-trofee begin maar die kollig sal veral op McIlroy wees wat verlede maand die ontwykende Groen Baadjie op Augusta kon aantrek en sodoende ’n loopbaan Grand-Slam behaal het. Suid-Afrika se hoop sal ook op Garrick Higgo, Thriston Lawrence, Dean Burmester, Daniel van Tonder, Christiaan Bezuidenhout en Erik van Rooyen gevestig wees om as 'n eerste prioriteit die afsnypunt te bereik. *SuperSport sal diè toernooi regstreeks vanaf 14:00 op kanaal 201 en 213 uitsaai en vanaf 19:00 op kanaal 206.





Comments