GHOLF: LIV Gholf maak Suid-Afrikaanse debuut by Steyn City in 2026
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 29, 2025
- 1 min read
LIV Gholf het bevestig dat sy heel eerste Suid-Afrikaanse geleentheid van 20 tot 22 Maart volgende jaar by die gesogte Steyn City-baan in Johannesburg sal plaasvind. Suid-Afrika se minister van Sport Gayton McKenzie het groot lof toegeswaai vir die rebelle-reeks se betrokkenheid in Suid-Afrika en noem dit ‘n gewaagde stap wat LIV se verbintenis tot wêreldwye mededinging weerspieël. LIV se uitvoerende hoof Scott O’Neil sê die Johannesburgse geleentheid dui op ‘n langtermynvennootskap wat wêreldklas-spelers, ekonomiese groei en blywende sosiale impak belowe.






Comments