SA se eerste nasionale padelkampioenskap vind in Kaapstad plaas

Sep 18
1 min read
Suid-Afrika se eerste nasionale padelkampioenskap vind in Oktober in Kaapstad plaas.
Die Growthpoint SA Nasionale Padelkampioenskap sal die land se topspelers by Padel 365 se klubs in Century City en Richmond Park byeenbring, met ouderdomsgroepafdelings van 9 tot 11 Oktober en die Ope-afdeling van 16 tot 18 Oktober.
Die toernooi bied prysgeld van R125 000 rand aan. Streekskwalifiseringsbyeenkomste word vanaf volgende jaar beplan om ‘n roete na die nasionale eindronde te skep.










Comments