GHOLF: McIlroy wen Race to Dubai
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Nov 18, 2024
- 1 min read
Die Ierse gholfspeler, Rory McIlroy, is die afgelope Sondag gekroon as die kampioen van die Europese DP World-reeks se Race to Dubai. McIlroy het die DP World-jaareindtoernooi op die Jumeirah-landgoed se Earth Course in die eerste plek afgesluit met ‘n telling van 15-houe minder as die baansyfer. Hy klop die Deen Rasmus Hojgaard met twee houe. Dit is die sesde Race to Dubai titel vir McIlroy, en hy wen die Harry Vardon-trofee vir ‘n derde agtereenvolgende jaar.






Comments