top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

GHOLF: McIlroy wen Race to Dubai

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 18, 2024
1 min read

Die Ierse gholfspeler, Rory McIlroy, is die afgelope Sondag gekroon as die kampioen van die Europese DP World-reeks se Race to Dubai. McIlroy het die DP World-jaareindtoernooi op die Jumeirah-landgoed se Earth Course in die eerste plek afgesluit met ‘n telling van 15-houe minder as die baansyfer. Hy klop die Deen Rasmus Hojgaard met twee houe. Dit is die sesde Race to Dubai titel vir McIlroy, en hy wen die Harry Vardon-trofee vir ‘n derde agtereenvolgende jaar.

 
 
 

Comments


bottom of page