GHOLF: Nuwe program poog om 'n blywende nalatenskap te laat
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 12
- 1 min read
Southern Guards GC en LIV Golf het ‘n jaarlange jeugontwikkelingsprogram in Gauteng van stapel gestuur, om 40 leerders van Diepsloot te ondersteun met professionele gholfafrigting en lewensvaardigheidsopvoeding.
Die program, wat in vennootskap met die Steyn City Foundation en Element Golf Academy aangebied word, sal toerusting, voeding, mentorskap en gestruktureerde opleiding aan leerders van drie genomineerde laerskole verskaf.
Organiseerders sê die inisiatief is gefokus op inklusiwiteit en holistiese ontwikkeling, en gebruik gholf as ‘n platform om selfvertroue, dissipline en geleenthede vir jong seuns en meisies.








Comments