top of page

GHOLF: Scott O’Neil vervang Greg Norman as LIV-gholf se uitvoerende hoof

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 17, 2025
  • 1 min read

Die LIV-gholfreeks het die Australiër Greg Norman vervang as sy uitvoerende hoof met Scott O’Neil wat nou aan die stuur van sake gaan staan. O’Neil is die uitvoerende hoof van Harris Blitzer Sports & Entertainment  wat menigte Amerikaanse sport spanne bestuur. Luidens ‘n verklaring van LIV  sal O’Neil die strategiese visie uitvoer , besigheid operasies bestuur en help om die liga wêreldwyd te groei. LIV-gholf het verder bevestig dat Norman steeds betrokke by diè liga sal wees.

 
 
 

Comments


bottom of page