GIMNASTIEK: Bloemfonteiner verteenwoordig Suid-Afrika as beoordelaar by die Wêreldkampioenskappe in Jakarta
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Nov 7
- 1 min read
Die Bloemfonteinse sportbeoordelaar Jannie van Vuuren het groot erkenning gekry deur Suid-Afrika te verteenwoordig as beoordelaar tydens die Wêreldkampioenskappe in Jakarta, Indonesië.
Van Vuuren is deur internasionale organisasies gekies op grond van sy ervaring en kennis van die sport. Sy deelname plaas hom onder ’n gesogte groep Suid-Afrikaners wat by wêreldbyeenkomste dien as amptelike beoordelaars.
Hy sê dit was ’n besondere voorreg om saam met die beste beoordelaars ter wêreld te werk en om Suid-Afrika se standaarde op die internasionale verhoog te verteenwoordig.






Comments