Griekwastad: Familie leef in vrees nadat die moordenaar parool toegestaan is
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 4
- 1 min read
Die familie van die vermoorde drie lede van die Steenkamp-familie van Griekwastad sê hulle is vreesbevange oor die feit dat dié 29-jarige moordenaar eersdaags op parool vrygelaat kan word.
Die hoof van Agri Noord-Kaap se afdeling vir landelike veiligheid en veediefstal, Joe Scholtz, sê aan Rapport daar is sprake in die gemeenskap en wyer in die provinsie om ’n petisie teen die moordenaar se paroolvrylating op te stel. Hy sê egter mense is bang, want name word geopenbaar in ’n petisie. Hulle is bang vir die moordenaar.
Die minister van korrektiewe dienste, Pieter Groenewald, sê die besluit van die paroolraad kan volgens wetgewing deur hom of die kommissaris van korrektiewe dienste op hersiening geneem word.
Die moordenaar is in Augustus 2014 effektief 20 jaar tronkstraf opgelê weens die moord op Deon en Christel Steenkamp, en die verkragting van en moord op hul dogter, Marthella. Hy is verlede maand parool toegestaan.
Die Griekwastad-moordenaar mag ingevolge die Strafproseswet nie geïdentifiseer word nie aangesien hy minderjarig was toe hy die moorde gepleeg het.





Comments