Die berugte Griekwastad-moordernaar kry parool
- Saamgestel deur Jana Roos

- 1 hour ago
- 1 min read
Die man wat nuusopskrifte gehaal het toe hy jare gelede drie lede van ‘n gesin buite Griekwastad vermoor het, is parool toegestaan.
Maroela Media berig die man, wie nie genoem mag word nie want hy was‘n tiener toe hy die misdade gepleeg het, het hierdie week vir‘n tweede keer voor die paroolraad in Upington verskyn.
Die Steenkamp-egpaar, Deon en Christel, is op Goeie Vrydag in 2012 op hul plaas in die Noord-Kaap vermoor, met hul dogter, die 14-jarige Marthella, wat verkrag en vermoor is.
Die minister van korrektiewe dienste, Pieter Groenewald, het ook aan Netwerk24 bevestig dat parool toegestaan is. Luidens die minister sal die man wel steeds vir Kersfees in aanhouding wees.






Comments