Groen ID-boekies se produksie eindig in 2027

57 minutes ago
1 min read
Die minister van Binnelandse Sake, doktor Leon Schreiber, het aangekondig dat die produksie van groen ID-boekies op 31 Maart 2027 beëindig word namate Suid-Afrikaners na slim-ID-kaarte oorskakel.
Die minister het vandag die departement se Quantum Leap-projek bekendgestel, terwyl die regering pogings versnel om binnelandse sake-dienste te moderniseer en te digitaliseer.
Hy sê die masjiene wat die groen ID-boekies vervaardig, sal uit diens gestel word.
Genaturaliseerde burgers, permanente inwoners en Suid-Afrikaners in die buiteland sal ook vir slim-ID-kaarte kan aansoek doen.
Schreiber sê die 14.7 miljoen mense wat steeds groen ID-boekies het, sal 12 maande kry om na slim-ID-kaarte oor te skakel.








Comments