SA se brandstofvoorsiening is nie in gevaar nie

56 minutes ago
1 min read
Die minister van Minerale en Petroleumhulpbronne, Gwede Mantashe, sê daar is tans geen bedreiging vir Suid-Afrika se brandstofvoorsiening nie.
Hy het aan die parlement gesê die land het genoeg ru-oliereserwes vir 30 dae, terwyl Sasol oor voldoende steenkoolreserwes beskik om brandstofproduksie te ondersteun.
Mantashe sê die grootste kommer is die moontlike impak van die konflik in die Midde-Ooste op brandstofpryse, eerder as die beskikbaarheid van brandstof.








Comments