top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Groen ID-boekies word binne twee jaar uitgefaseer

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 15
1 min read

Suid-Afrikaners wat steeds die ou groen ID-boekie met ’n strepieskode gebruik, is gewaarsku om dit binne die volgende twee jaar deur ’n slim-ID-kaart te vervang.


Die adjunk-direkteur-generaal van Binnelandse Sake, Thulani Mavuso, sê die departement werk reeds daaraan om hierdie kwesbare dokument uit te faseer, hoewel die finale sperdatum deur die minister aangekondig sal word.


Mavuso sê ongeveer 34-miljoen slim-ID-kaarte is sedert die bekendstelling daarvan uitgereik, insluitend bykans 25-miljoen vervangings.


Hy doen ’n beroep op mense om vroegtydig aansoek te doen en sê die departement het toegang verbeter deur meer aansoek- en afhaalpunte, insluitend deelnemende banke, beskikbaar te stel.


Ter illustrasie. FOTO: X
Ter illustrasie. FOTO: X

 
 
 

Comments


bottom of page