top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Groenewald skors senior amptenare

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 9
1 min read

Vier senior amptenare van die Departement van Korrektiewe Dienste is geskors.


Volgens minister Pieter Groenewald volg die skorsings op ernstige bewerings van bedrog wat verband hou met ’n steenkoolvoorsieningstender. ’n Strafsaak is intussen by die Valke geregistreer en word ondersoek.


’n Forensiese ondersoek sal ook gedoen word om die volle omvang van enige ongerymdhede vas te stel en te bepaal wie daarvoor verantwoordelik is.


Groenewald sê die bekamping van korrupsie en bedrog, asook om gevolge te verseker vir amptenare wat oortree, is een van sy topprioriteite.


Pieter Groenewald. FOTO: EWN
Pieter Groenewald. FOTO: EWN

 
 
 

Comments


bottom of page