Groenewald sê die tronk se ooreenkoms met G4S moet natuurlik verstryk
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Dec 3, 2025
- 1 min read
Die minister van korrektiewe dienste, Pieter Groenewald, sê die ooreenkoms vir die private bestuur van die Mangaung-gevangenis moet natuurlik verval.
Netwerk24 berig Groenewald het Dinsdag aan die parlementêre portefeuljekomitee oor korrektiewe dienste gesê die beste opsie vir die departement, asook belastingbetalers, is dat die kontrak met die maatskappy G4S natuurlik verval.
Die departement van korrektiewe dienste het aanvanklik sowat twee jaar gelede besluit om dit te kanselleer ná die ontsnapping van die moordenaar en bedrieër Thabo Bester uit dié gevangenis buite Bloemfontein. Groenewald het verder die portefeuljekomitee in kennis gestel dat litigasie ná Bester se ontsnapping om die kontrak voortydig te beëindig, te duur geword het om voort te sit.
Die bestuur van die Mangaung- korrektiewe sentrum, waaruit die berugte Bester in 2022 waaghalsig ontsnap het, se kontrak verstryk op 30 Junie 2026.




Comments