‘G4S en die Mangaung-korrektiewe sentrum se kontrak moet beëindig word’
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 11
- 1 min read
Die Parlement se portefeuljekomitee oor korrektiewe dienste het gevra dat die kontrak tussen die Mangaung-korrektiewe sentrum, in Bloemfontein, en die privaat maatskappy G4S met onmiddellike effek beëindig word. Volgens Sunday World volg dit na ‘n inligtingsessie van die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD) oor die onnatuurlike sterftes in die land se korrektiewe sentrums. DKD-amptenare het die komitee meegedeel dat G4S eers byvoorbeeld verlede week 'n sterfteverslag verskaf het van ‘n gevangene wat in Maart oorlede is. Die komitee het ook hul skok uitgespreek oor amptenare wat probeer om onnatuurlike sterftes in korrektiewe sentrums toe te smeer, se oneerlikheid.





Comments