top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Gure weer kelder skolesport in Bfn

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 4
1 min read

Talle skolebyeenkomste in Bloemfontein wat oor die naweek sou plaasgevind het, is uitgestel omdat sterk wind en donderstorms voorspel word.


Sportwedstryde by skole is Donderdag ook afgestel nadat waarskuwings oor weerlig uitgereik is.


Netwerk24 berig luidens die metro se waarskuwing is daar ’n moontlikheid van skade aan infrastruktuur en in informele nedersettings. Inwoners word aangemoedig om die nodige voorsorgmaatreëls te tref, dit te vermy om oorstroomde paaie en laagliggende brûe oor te steek, buitelugstrukture te beveilig en tydens donderstorms binnenshuis te bly.


’n Vlak 4-waarskuwing oor sterk donderstorms geld voorts vir die Suid- en Sentraal-Vrystaat. Paaie kan oorspoel word en mense en diere se lewe kan bedreig word.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page