Harry en Meghan is op pad terug na Brittanje

Aug 20
1 min read
Prins Harry en sy vrou, Meghan, sal na verwagting binne enkele weke na die Verenigde Koninkryk terugkeer, ses jaar nadat hulle as werkende lede van die koninklike familie uitgetree het. Hulle woon in Kalifornië.
Nova News berig die egpaar het Brittanje in 2020 vir Noord-Amerika verlaat te midde van ’n bitter struweling met sy familie.
Volgens die BBC is die egpaar se twee kinders, prins Archie en prinses Lilibet, reeds by ’n Britse skool ingeskryf is vir die begin van die skooljaar vroeg in September.









Comments