Herstelwerk aan die beskadigde Hugenote-tonnel kan tot twee weke duur
- Ilde Roos
- Oct 6
- 1 min read
Herstelwerk aan die beskadigde Hugenote-tonnel kan tot twee weke duur.
Skade is aan die tonnel se betonvoering, beligting, kommunikasiestelsels, brandopsporing en ventilasie aangerig nadat ‘n bus die afgelope Vrydagaand binne die tonnel gebrand het.
Paarl Post berig 'n woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral), Lwando Mahlasela, het Sondag gesê die agentskap is tans besig om die strukturele integriteit van die betrokke gedeelte van die tonnel te bepaal.
Hy sê die voltooiingstyd van die tonnel hang af van die uitslae van die strukturele beoordeling.
Die Du Toitskloofpas sal gebruik word as die naaste alternatiewe roete om verkeer tussen die Paarl en Worcester te herlei, waar twee stop-en-ry-punte tans in plek is te midde van padwerke.

Comments