Die Hugenote-tonnel is gesluit
- Nadia Pieters
- Oct 4
- 1 min read
Die Hugenote-tonnel tussen die Paarl en Worcester is tot verdere kennisgewing gesluit.
Dit nadat ʼn bus Saterdag in die vroeë oggendure binne die tonnel aan die brand geslaan het.
Maroela Media berig luidens ʼn verklaring deur die Breedevallei-munisipaliteit het die tonnel strukturele skade opgedoen en sal gesluit bly totdat herstelwerk voltooi is.
Motoriste word daaraan herinner dat die Du Toitskloofpas, wat as die naaste alternatiewe roete gebruik kon word, tot 1 November weens padwerke gesluit is.
Volgens die Drakenstein-munisipaliteit, wie se branddienste na die toneel uitgeroep is, het die bus glo ʼn elektriese fout ervaar.

Comments