top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Hill-Lewis doen ‘n beroep op Ramaphosa om op te tree

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 7
1 min read

Die DA se federale leier, Geordin Hill Lewis, het president Cyril Ramaphosa versoek om in te gryp nadat die direkteur-generaal van Basiese Onderwys ‘n besluit van minister Siviwe Gwarube verontagsaam het.


Hill Lewis sê die direkteur-generaal, Mathanzima Mweli, het die groen lig gegee vir die nuwe handboekkatalogus vir die grondslagfase ten spyte van Gwarube se besluit om die tender te staak.


Gwarube het hierdie week aangekondig dat die tender van R1.6 miljard opgeskort sal bly nadat ‘n onafhanklike ondersoek ernstige foute in die proses geïdentifiseer het.


Hill Lewis het tot Gwarube se verdediging gekom en gesê Ramaphosa moet dringend optree nadat Mweli die twyfelagtige kontrak goedgekeur het.


Geordin Hill Lewis. FOTO: Polity
Geordin Hill Lewis. FOTO: Polity

 
 
 

Comments


bottom of page