Hlabisa verwelkom die aanvaarding van ‘n etiese leierskapskode deur munisipaliteite

Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, verwelkom die aanvaarding van ’n etiese leierskapskode deur 100 munisipaliteite.
Volgens Hlabisa is die Kode vir Etiese Leierskap in Plaaslike Regering daarop gemik om goed bestuurde, doeltreffende en effektiewe munisipaliteite te verseker.
Die kode is van toepassing op politieke figure, raadslede, tradisionele leiers en administratiewe personeel.
Hlabisa se woordvoerder, Pearl Maseko-Binqose, sê dit sal plaaslike regeringsleiers in die 100 munisipaliteite inspireer om met integriteit te dien.
Sy voeg by Hlabisa glo dat die aanvaarding van die kode ’n groeiende verbintenis tot etiese leierskap, aanspreeklikheid en goeie regering weerspieël.








Comments