top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

HOKKIE: SA val vas teen Oostenryk

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 5, 2025
1 min read

Die Suid-Afrikaanse mansspan het teen Oostenryk vasgeval in 'n kragmeting by die Wêreldbeker-binnenshuise toernooi in Kroasië. Die Suid-Afrikaners het teen rustyd Dinsdag ‘n voorsprong met 3-2 geniet maar Oostenryk, wat tans die Wêreldkampioen is, kon terugveg om met 8-6 te wen - ondanks ‘n tweede vierkuns in die toernooi van Mustapha Cassiem. Die Suid-Afrikaanse vrouespan het intussen ook met 10-0 teen Oostenryk verloor. Beide die mans- en vrouespan sal Donderdag teen Pole te staan kom.

 
 
 

Comments


bottom of page