top of page

Holomisa verdedig die weermag se werk

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 47 minutes ago
  • 1 min read

Die adjunkminister van verdediging, Bantu Holomisa, het die ontplooiing van Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag-soldate in dele van suidelike Johannesburg verdedig.


Dosyne soldate het Woensdag saam met polisiebeamptes klopjagte in Eldorado Park, Riverlea, Westbury en Sophiatown uitgevoer. Verskeie mense is in hegtenis geneem en onwettige items is gekonfiskeer.


Die operasie, bekend as Operasie Prosper, vorm deel van president Cyril Ramaphosa se belofte tydens vanjaar se Staatsrede om misdaad in brandpuntgebiede te bekamp.


Holomisa sê die operasie is behoorlik gekoördineer en dat die president die Speaker van die Parlement oor die ontplooiing ingelig het.


Ter illustrasie. FOTO: The Citizen
Ter illustrasie. FOTO: The Citizen

 
 
 

Comments


bottom of page